Herman Boonzaier - 07-Feb-2023  
Hi Almal,

Re. Sleep training met Rhonel Scheepers (dis baie om te lees)

Ek moes dit al lankal gedoen het, maar ek het uitgestel oor ons nie regtig weer wil dink of praat oor wat gebeur het nie. Maar ek voel ek moet dit sê / vertel voordat ‘n kind dalk ernstig seer kry of erger.

Ons oudste was gesleep train op 11 maande, en het wonderlik geslaap, ons het hom neergesit en uitgestap en hy het geslaap van 18:30 tot 06:00 die volgende oggend. Lang storie kort – op 18 maande het hy baie wakker geword in die aand en was vir lang periodes wakker (3 ure op n slag). En was teen 04:30 klaar gelaap vir die aand.
Ons het alles probeer, weer probeer sleep train soos ons het op 11 maande, maar niks het gewerk nie. Intussen het hy ‘n boetie by gekry so daar was nou 2, onder 2 jaar en dit het maar rof gegaan in ons huis.

Ons was desperaat en het ernstig hulp en antwoorde begin soek, net sodat ons oudste kan slaap.

My vrou het op die mamma groepies gevra, en so kom ons toe af op Rhonel Scheepers. Ons reël toe ‘n Zoom call en ons was actually baie opgewonde oor wat ons hoor, ons kon al die lig aan die einde van die donker tonnel sien. Ons het ‘n deposito betaal en nog ‘n vergadering op Zoom gehad van 4ure wat toe die konsultasie was.

Ons was “fully committed” ons het n lang lys van goed gekry by Rhonel wat ons moes koop en regkry. Nuwe bottels, nuwe slaap vriend(teddy), nuwe Bluetooth speakers (sy glo nie in white noise nie), ons moes n “latch” op die deur sit(hier moes ek a rooi ligte gesien het), ons moes n toddler bed kry, want hy mag nie meer in sy kot slaap nie.

Die groot dag het aangebreek, op ons oudste se 2de verjaardag. Rhonel daag daar op by die huis, sy kom vir 2 aade oorslaap vir die sleep training. My vrou word uitgejaag uit die huis uit, sy het nie eers kans om n tas te pak nie. Ons het geweet my vrou mag nie daar slaap die eerste aand nie, maar Rhonel het haar nie eers kans gegee om my of die kinders te groet of n tandeborsel te gryp nie. My vrou is na my ouers om daar te slaap, min wetend van wat voorlê.

Rhonel werk saam met my om die kids in die bed te kry, ons seuntjie het nooit gesukkel om aan die slaap te raak nie, dis maar die “night wakings” wat die probleem was en nie later as 04:30 geslaap nie. Inelkgeval, ek het vir my en Rhonel kos bestel, ons het n bietjie gesels oor wat voorlê en sy sê toe vir my ek kan gaan slaap, sy sal die eerste aand hanteer, en ek kan slaap inhaal. Nou op daai oomblik was ek so moeg dat ek aan niks beters kon dink nie, ek is reguit bed toe.

Rhonel kom maak my wakker so 00:30 en vra my “is jy reg om dit na die volgende vlak te vat”, ek lekker deur die slaap weet glad nie wat sy bedoel nie, en sy sê ek moet kombuis toe gaan. Ek staan op en gaan staan in die kombuis. Toe ek weer sien loop sy met ons seuntjie, met sy arms bo sy kop na die garage toe, let wel die is Augustus in die Kaap, dis winter, dit reën en dis koud. Ons garage is eintlik maar ‘n afdak wat toegemaak is, so dis vrek koud daarbinne. Sy maak toe ons seun, wat erg huil en histeries is, 2 jaar oud, in die yskoue, donker garage toe. Die garage is glad nie “child friendly” nie, met gereedskap en “garage goed” oral, en die arme outjie huil en skree sy longe uit.

Ek stap na haar toe en vra vir haar wat gaan nou aan en is dit regtig nodig? Sy verseker my dat “boundaries” geskep moet word en hy moet leer waar die boundaries is. Nou hier is waar ek tot vandag toe spyt is dat ek nie daar en dan vir Rhonel gesê het om haar tassies te pak en uit my huis gejaag het nie, maar ek was moeg, en desperaat vir n oplossing. Op daai stadium het ek en my vrou al vir maande op 2-3 ure se slaap probeer funksioneer. So ja, ek as ‘n pa sal daai skuldgevoel seker nooit kan laat gaan nie, maar ek probeer nou te verhoed dat iemand anders nie ook deur so iets hoef te gaan nie, op daai oomblik was ek bly dat Rhonel my vrou die huis verbied het en nie dit hoef te gesien het nie.

So huil en skree ons seuntjie in die garage en weet glad nie wat aangaan nie, hier is n vreemde tannie wat hom nou aan sy arms na ‘n yskoue, donker garage gesleep het en toegemaak het en te los vir wie weet hoelank.

Eventually is hy terug in die bed en aan die slaap, die oggend vroeg is my vrou terug en sy kon sien iets is nie reg nie. Ek het haar toe vertel en sy kon nie regtig verstaan of insien dat so iets regtig kon gebeur het nie. Nie lank later nie toe raak Rhonel ook wakker en roep ons na die kamer. Sy wil met ons praat oor die vorige aand.
Rhonel begin toe deur te sê hier is n vreemde ding aan die gang. Ons albei luister aandagtig. Rhonel sê toe daar is iets binne in ons seun, iets on-natuurlik en ons moet dit uitkry. Kyk weereens op daai oomblik en stadium kon jy my enige iets vertel het en ek sou dit glo. Rhonel het in detail ingegaan en vertel van mense wat sy ken wat kan help, en ons moet hulle betrek dat hulle kan bid om die “ding” uit ons seun te dryf. Sy het toe dat ons al ons vriende en familie kontak om saam te bid vir hom, ons het selfs so ver gegaan om ons Ds te laat kom, hy het dadelik onraad vermoed en gevra om met ons alleen te praat. Hy het verstaan waardeer ons gaan en hy het saam ons gebid, nie om enige bose geeste te verdryf nie, maar net vir leiding en krag van bo.

Ek kan nou nog baie lank sryf oor ons ondervinding met Rhonel Scheepers, maar weet net dat sy n gevaar vir jou, en meer belangrik n gevaar vir jou kind is. Dit is nou 6 maande later en ons seuntjie weier steeds om op sy eie te slaap, hys bang. En ek is vas oortuig dit is agv dat hy in die garage toe gemaak was. Ons is in n baie slegter posisie as voordat ons bitter baie geld betaal het vir Rhonel Scheepers wat op Kwêla gesê het “die crying it out method” is kindermishandeling, maar wat de hel noem jy dit dan as jy n kind in n yskoue, donker gevaarlike garage toemaak.

Asb wees versigtig om enige iemand in jou huis toe te laat en naby jou kinders te bring, ek weet daar is nog baie ouers wat net so sukkel soos ons met slaap en wat ook moeg en moedeloos is. Maar die vrou is nie die antwoord nie, dit kan ek belowe.
 
 
     
24 hour contact us Sleep Training 
Consultant and baby sleeping issues Rhonél
072 222 6279
 
 
 
Dear Rhonel
4 nights of both girls sleeping 11 - 12 hours and they are sleeping beautifully in the day now too!! And so easy to put them down. Has changed our lives thank you Rhonel.
 
 
News Update
A Prayer of Protection - 23-07-2013

read more

 
Sleep training | Other services | FAQ
Design and Development by Mediahunter in South Africa
Close  
Login
Email address    
Password  
 
Close  
Register
Name    
Email address    
Password    
Confirm Password  
 
Close  
Forgot your password ?
Please Enter your Email address which you have given in the time of Registration and we will send your password to that Email address.
Email Address